Die wêreld in foto’s – 19 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Skape op ʼn ry naby Büsum in die noorde van Duitsland. (Foto: Carsten Rehder, AP)

ʼn Bruid en bruidegom poseer vir foto’s langs die Michigan-meer naby Chicago se North Avenue-strand. (Foto: Amr Alfiky, AP)

ʼn Man neem ʼn selfie tydens hooggety by die Arabiese See in Mumbai, Indië. Met die reënseisoen wat vanjaar laat is, het Indië volgens dié land se meteorologiese departement 43% minder reën gekry. Temperature het verlede week tot 48 °C in die noorde en weste van die land gestyg, wat hittegolf-toestande tot gevolg gehad het. (Foto: Rafiq Maqbool, AP)

Die son sak agter ʼn gehawende windpomp naby Tappen, Noord-Dakota. (Foto: Charlie Riedel, AP)

Gigi Hadid (middel) saam met ander modelle in skeppings van die 2020 Off White Lente/Somer-versameling van mansmodes in Parys. (Foto: Thibault Camus, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Foto's ·

Ek LOVE die foto’s wat julle plaas!! ek het al verskeie foto’s gesien wat ek graag sou wou raam!! Dankie julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.