Die wêreld in foto’s – 19 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Nietemin het Dave Franco, akteur, regisseur en medeskrywer van die film The Rental, ʼn inryteater geskep om dié film voor die vrystellingsdatum aan die publiek te wys.

Werkers staan by die peuselhappietafel by die Vineland-inry in Kalifornië. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Dave Franco, Franco se vrou en mede-akteur, Alison Brie, poseer vir ʼn foto. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Dave Franco en Alison Brie wag vir die film om te begin by die Vineland-inry in Kalifornië. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Werkers rangskik letters op die ingangsborde by die Vineland-inry in Kalifornië. (Foto: Chris Pizzello, AP)

Dave Franco en Alison Brie teken The Rental-plakkate voordat dié film by die Vineland-inry in Kalifornië gewys word. (Foto: Chris Pizzello, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SomeOne ·

ons kon dit sekerlik ook gedoen het , maar alle inry teaters en skerms al lankal gestaak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.