Die wêreld in foto’s – 19 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dié foto wat deur Nasa verskaf is wys die Soyuz-vuurpyl in Kazachstan nadat dit Maandag regop gedraai is voor vir beplande lansering op 21 Maart. Die bemanningslede van die 55ste ekspedisie, Ricky Arnold en Drew Feustel van Nasa en Oleg Artemyev van Roscosmos, sal die volgende vyf maande in die internasionale ruimtestasie woon en werk. (Foto: Joel Kowsky, AP)

Betogende studente het Maandag die verkeer in Manila in die Filippyne tydelik ontwrig ter ondersteuning van die voortdurende vervoerstaking. Sommige militante vervoergroepe het Maandag begin staak as gevolg van die beweerde uitfasering van die “Jeepneys” of aangepaste passasier-jeeps. Die stakers beweer dat die uitfasering die bestaan van duisende bestuurders en operateurs sal beïnvloed. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Die sewende vergadering van die eerste sessie van die 13de nasionale volksvergadering (NPC) het Maandag in die groot volksaal in Beijing, China, begin. (Foto: Ding Haitao, Xinhua)

ʼn Ondersteuner van die Taiwanse aktivis Lee Ming-che wat in China gevange geneem is, hou slagspreuke soos “Vryheid van spraak, Lee Ming-che, onskuldig” op tydens ʼn saamtrek in Taipei, Taiwan. Tientalle aktiviste het Maandag vir ʼn demonstrasie byeengekom om die Chinese owerheid aan te spoor om Lee, wat in November tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is weens die aanklag van ondermyning van staatsmag, vry te laat. (Foto: Chiang Ying-ying, AP)

Emmanuel Macron, die Franse president, en sy vrou, Brigitte, verwelkom Maandag hertog Henri van Luxemburg en die hertogin van Luxemburg, Maria-Theresa, voor hul vergadering by die Élysée-paleis in Parys. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.