Die wêreld in foto’s – 19 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Trem gaan verby ’n roos by die gebied in Utrecht, Nederland, waar die skietvoorval plaasgevind het. ’n Man het Maandag drie mense doodgeskiet en ook nog mense gewond in die trem in Utrecht. (Foto: Peter Dejong, AP)

’n Man staan naby die EU en Britse vlae by die EU-raadsgebou in Brussel. Duitsland se minister van Europese sake, Michael Roth, het gesê dat Brexit nie ’n speletjie is nie en dat die EU uitgeput is na 2 jaar se onstuimige onderhandelinge. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Bome reflekteer in ‘n oorstroomde weiland in Riedlingen-Bechingen, Duitsland. (Foto: Thomas Warnack, AP)

Al Noor-moskee teen die wolke in Christchurch, Nieu-Seeland. Strate naby die hospitaal wat vir 4 dae gesluit was, is heropen vir familie en vriende van die slagoffers van laas week se massa-skietery. (Foto: Vincent Thian, AP)

’n Vrou se refleksie in die gebreekte glas van die Duitse kunstenaar, Astrid Klein se 1993 kunswerk by Art Dubai in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. Met uitstallings wat van 20 Maart tot 23 Maart gaan plaasvind, is dit die 13de uitgawe van Art Dubai. (Foto: Jon Gambrell, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.