Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Iranse vroue Vrydag in die stad Qum, 125 km suid van die hoofstad Tehran, besig om deel te neem aan dié land se presidensiële en munisipale verkiesings. Foto: Ebrahim Noroozi, AP

Geisjas Vrydag op pad na die Sensoji-tempel tydens die Sanja-fees in Tokio, Japan. Dié fees is een van drie groot feeste in dié land. Foto: Eugene Hoshiko, AP

ʼn Onwettige immigrant word Vrydag aan wal gebring deur lede van die Libiese kuswag in Guarabouli, ʼn kusdorpie oos van Tripoli, dié land se hoofstad. Foto: Hamza Turkia, Xinhua
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dit is nie raapsaad nie maar canola.