Die wêreld in foto’s – 19 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het indiwidue wêreldwyd hul persoonlike higiëne opgeskerp. Terselfdertyd het dié virus die konsep van persoonlike ruimte ingrypend herdefinieer. In ʼn poging om die verspreiding van die virus hok te slaan is kreatiewe metodes vir die handhawing van sosiale afstand in publieke areas geïnkorporeer.

Só lyk die afstand wat mense wêreldwyd moet handhaaf.

ʼn Vrou dobbel by die Lucky Star-dobbelhuis in Oklahoma in die VSA waar handhawing van sosiale afstand streng toegepas word. (Foto: Sue Ogrocki, AP)

Reserwes vir die Duitse sokkerklub, Aue, sit ver van mekaar tydens die tweede Bundesliga-sokkerwedstryd tussen FC Erzgebirge Aue en SV Sandhausen in Aue, Duitsland. (Foto: Robert Michael/Pool Photo, AP)

ʼn Man sit saam met ʼn strokiesprentkarakter wat in ʼn restaurant in Bangkok, Thailand, gebruik word om handhawing van sosiale afstand aan te moedig. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Gelowiges sit wyd verspreid tydens ʼn erediens in Turyn, Italië. (Foto: Marco Alpozzi/LaPresse, AP)

Mense sit in sirkels wat op die Brooklyn Domino-park se grasperk in New York aangebring is. (Foto: Kathy Willens, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.