Die wêreld in foto’s – 19 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Duiker wat soos Kersvader aangetrek is, swem Maandag langs ’n groen seeskilpad genaamd Speedy in ʼn akwarium in Timmendorfer Strand, Duitsland. (Foto: Axel Heimken, AP)

Prins Albert II van Monaco saam met sy vrou, prinses Charlene, en hul tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella, by die viering van die Monegaskiese nasionale dag. (Foto: Claude Paris, AP)

Theresa May, Britse eerste minister, lewer Maandag ʼn toespraak by die Confederation of British Industry (CBI) se jaarlikse konferensie in Londen. May het in haar toespraak gesê die Brexit-ooreenkoms vervul Britte se wense om die EU te verlaat deur beheer van die Verenigde Koninkryk se wette, geld en grense terug te neem. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Twee vroue geklee in feestelike kostuums vier die nuwe jaar van die Miao- etniese groep in die Leishan-streek van Qiandongnan in die suidweste van China se Guizhou-provinsie. (Foto: Huang Xiaohai, Xinhua)

Manfred Weber, die top-kandidaat van die Europese Volkspartygroep in volgende jaar se Europese verkiesings, woon Maandag ʼn mediakonferensie by in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.