Die wêreld in foto’s – 19 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Shinzo Abe, die eerste minister van Japan, woon Vrydag ʼn vergadering by tydens ʼn EU-ASEM-beraad in Brussel. EU-leiers ontmoet hul Asiatiese eweknieë tydens dié vergadering om onder meer handel te bespreek. (Foto: Francisco Seco, AP)

Besoekers verkyk hulle aan ’n installasie van die rolprent Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwald. Dié installasie bestaan uit reuse-towerstawwe wat die pad tussen Millenniumbrug en die St. Paul-katedraal verlig in Londen, Brittanje. Dié installasie skep bewustheid vir JK Rowling, die beroemde skrywer van die Harry Potter-reeks, se liefdadigheidsorganisasie, Lumos. (Foto: Ray Tang, AP)

Indiese Hindoe-vroue maak Vrydag gereed vir die fees van Durga Puja in Allahabad, Indië. Dié vyfdaagse fees herdenk die dood van die godin Durga, en met dié fees word die oorwinning van goed oor kwaad gevier. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Brittanje se prins Harry en Meghan, die hertogin van Sussex, ontmoet ʼn plaaslike branderplank-gemeenskapgroep, OneWave, wat op ’n prettige wyse bewustheid vir geestesgesondheid en welsyn skep op Bondi Beach in Sydney, Australië. Prins Harry en sy vrou is tans op ’n 16-dag toer in Australië en die gebied in die Suidelike Stille Oseaan. (Foto: Dominic Lipinski, AP)

ʼn Man hou Vrydag die sonsopkoms dop naby die geboue van die bankdistrik in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.