Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Koerdiese vrou van Sirië besig om wasgoed op te hang in die Ritsona-vlugtelingkamp noord van Athene. Die kamp bied huisvesting vir ongeveer 600 vlugtelinge. Volgens die EU se grensagentskap het die getal immigrante in Griekeland vandeesmaand aansienlik toegeneem. Foto: Petros Giannakouris / AP
Lede van die Iranse basketbalspan vier hul oorwinning oor Suid-Korea tydens die 2016 FIBA Asië-uitdaging in dié land se hoofstad, Teheran. Iran het Suid-Korea met 77-47 geklop. Foto: Xinhua/Ahmad Halabisaz
Veral motorfietsbestuurders in Djakarta sê les op ná swaar reënbuie as gevolg van La Niña wat sedert Augustus swaar neerslae in Indonesië veroorsaak het. Dié land se rampbestuur het gewaarsku dié weerverskynsel kan nog heelwat reën tot gevolg hê. Foto: Zulkarnain / Xinhua
Lede van die Miao- etniese groep in China neem deel aan ʼn ryskoekie-kompetisie tydens ʼn tradisionele fees in Pingyin, ʼn dorpie in die Congjiang-streek. Die fees is ter viering van die insameling van die oes en om voorbidding te doen vir ʼn geseënde boerderyseisoen. Foto: Qiao Qiming / Xinhua
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.