Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Indiese ondersteuners bid Woensdag by ʼn aanbiddingslokaal in Ahmadabad, Indië, vir die Indiese krieketspan om hul Asiatiese krieketwedstryd teen Pakistan te wen. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Mis hang Woensdag in ʼn vallei buite die Mariae Himmelfahrt-kerk by die Federsee-meer in Seekirch, Suid-Duitsland. (Foto: Thomas Warnack, AP)

ʼn Kashmiri Moslem skree slagspreuke terwyl polisiemanne hom daarvan weerhou om deel te neem aan ʼn godsdienstige optog in Sentraal-Srinagar in Kasjmir. Die polisie in die Indiese deel van Kasjmir het Woensdag honderde rouklaers aangehou omdat hulle beperkings wat deur owerhede opgelê is, oortree het. Owerhede vrees dat godsdienstige optogte in die Moslem-maand van Muharram tot teen-Indië-betogings sal lei. (Foto: Dar Yasin, AP)