Die wêreld in foto’s – 2 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Hewige sneeuneerslae volg op skerp temperatuurdalings in Allendale, in die noorde van Engeland. (Foto: Owen Humphreys, AP)

Pous Francis, omring deur talle veiligheidswagte, daag vir sy weeklikse oudiënsie by die St. Pietersplein in die Vatikaan op. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Philadelphia Phillies se bestuurder, Gabe Kapler (links), omhels Bryce Harper ná ’n bofbalwedstryd teen die Washington Nationals by National Park in Washington. Die Phillies het ’n oorwinning van 8-2 behaal. (Foto: Alex Brandon, AP)

Mense op ’n boot geniet die kersiebloeisels langs die Chidorigafuchi Imperial Palace-sloot in Tokio. (Foto: Koji Sasahara, AP)

’n Kambodjaanse verskaffer deel ballonne uit tydens die openingseremonie vir die vernuwing van die Kambodja-Japan-vriendskapsbrug in Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.