Die wêreld in foto’s – 2 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Lemoga-klas met lemurs van die Lake District Wild Life Park by Armathwaite Hall-hotel in Keswick, in die noordwestelike gebied van Engeland. Só word ʼn persoonlike joga-ervaring geskep wat beoog om om te sien na die welsyn van lemur én mens. (Foto: Owen Humphreys, AP)

Donker stormwolke pak saam oor die hoofsakegebied van Djakarta, Indonesië, voor ʼn reënbui. (Foto: Dita Alangkara, AP)

Mick Schumacher bestuur ʼn Ferrari gedurende sy eerste F1-toetsrit by die Bahrein Internasionale Baan in Sakhir, Bahrein. Mick volg in sy pa, Michael, se spore deur ʼn Ferrari F1-motor in ʼn amptelike toets te bestuur. Mick se bekende pa het al sewe F1-titels gewen. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Slagoffers loop langs die oorblyfsels van ʼn boom wat deur ʼn reënstorm beskadig is in Bara-distrik, 125 km (75 myl) suid van Katmandoe, Nepal. Staatswerkers en vrywilligers het Dinsdag kos, tente en klere aan die duisende mense wat hul huise en besittings die afgelope naweek in die storm verloor het, geskenk. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

ʼn Lid van die paleispersoneel rangskik koningin Victoria se Stuart-balkostuum wat deel uitmaak van ʼn uitstalling ter huldiging van die 200ste herdenking van die geboorte van koningin Victoria (1819-1901) by die Buckingham-paleis in Londen. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carina ·

Ag kyk dan nou net hoe doen die Lemurs saam yoga!! Te cute vir woorde!!

En alle voorspoed aan Mick Schumacher. Mag jy net so suksesvol soos jou pa wees.

Nettie ·

Vir wat gedenk hulle die ou koei, Victoria, se geboorte-datum? Sy het bloed aan haar hande; die bloed van sowat 27 000 vroue en kinders wat in Engelse konsentrasiekampe tydens die 2de ABO, 1899 – 1902, gesterf het …….

Sulet ·

Want Victoria is mos hulle groot hero naas Koningin Elizabeth II hulle is min gespin oor ons. Daai Rees-Mogg sê mos die konsentrasiekampe was net vir ‘rehabiliteer’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.