Die wêreld in foto’s – 2 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Feesgangers neem aan die Samba-karnavalparade in Rio de Janeiro, Brasilië, deel. Sambodromo, die feesterrein waar die wêreldbekende Rio de Janeiro-karnaval plaasvind, sal as gasheer dien vir onder meer die marathon- en boogskietitems tydens die Rio 2016 Olimpiese Spele. Foto: Xinhua/Xu Zijian/wire.africannewsagency.com

Popole Misenga, ʼn atleet van die Olimpiese Vlugtelingespan, maak sy merk op die Olimpiese Verdragsmuur in Rio de Janeiro se Olimpiese dorp. Die Olimpiese Verdragsmuur is Maandag onthul, vier dae voor die begin van die Spele. Foto: Xinhua/Zheng Huansong/wire.africannewsagency.com

Mense staan met brandende fakkels by die stad se hoofkruising tydens die 72ste herdenking van die 1944 Warskou-opstand in Warskou, Pole. Duisende jonge mense het Nazi-magte op 1 Augustus 1944 in Warskou die stryd aangesê in ʼn poging om die stad te bevry voor die Russiese Rooi Leër kon opdaag. Foto: AP Photo/Czarek Sokolowski/wire.africannewsagency.com

Mense versamel hul besittings in ʼn verwoeste woonstel ná ʼn mortier aanval in Yasynuvata, Oekraïne. Volskaalse oorlogvoering kan weer in die Oos-Oekraïne losbars weens stygende spanning tussen die Oekraïnse regering en onafhanklike rebelle. Een burgerlike is dood en nog een beseer na ʼn naglange geveg naby die dorp Yasynuvata. Foto: Xinhua/Alexander Ermochenko/wire.africannewsagency.com

ʼn A-10 Thunderbolt vegvliegtuig van die Amerikaanse lugmag neem aan ʼn opleidingsoefening op ʼn snelweg naby Anije, Wes Estland, deel. Foto: Xinhua/Sergei Stepanov/wire.africannewsagency.comʼn A-10 Thunderbolt vegvliegtuig van die Amerikaanse lugmag neem aan ʼn opleidingsoefening op ʼn snelweg naby Anije, Wes Estland, deel. Foto: Xinhua/Sergei Stepanov/wire.africannewsagency.com

ʼn A-10 Thunderbolt vegvliegtuig van die Amerikaanse lugmag neem aan ʼn opleidingsoefening op ʼn snelweg naby Anije, Wes Estland, deel. Foto: Xinhua/Sergei Stepanov/wire.africannewsagency.com

Carlotta Ferlito van Italië tree op tydens ʼn oefensessie in Rio de Janeiro, Brasilië. Olimpiese gimnastiekkompetisies sal op 6 Augustus begin. Foto: Xinhua/Zheng Huansong/wire.africannewsagency.com

ʼn Toneel uit 505 Games se nuwe video speletjie, “Abzu”, beeld ʼn ondersese swerftog uit. Foto: 505 Games via AP/ wire.africannewsagency.com

Die SpaceShipTwo (VSS Unity), ʼn pendeltuig van die Virgin Galactic-ruimtelugredery, beweeg na die aanloopbaan van die Mojave-lughawe in Kalifornië tydens die eerste fase van haar vlugtoetsprogram. Virgin Galactic het onlangs ʼn bedryfslisensie vir die ruimtetuig van die Federale Lugvaartadministrasie ontvang. Foto: Virgin Galactic via AP/wire.africannewsagency.com

ʼn Bengaalse tier hou ʼn wakende oog oor twee tierwelpies by die Medan-dieretuin in Noord-Sumatra, Indonesië. Die welpies is op 22 Junie gebore. Foto: Xinhua/wire.africannewsagency.com

Mense kyk na ʼn vreugdevuur tydens Switserland se Nasionale Dagvieringe op die berg Rigi naby Lucerne, Switserland. Switsers bou gewoontlik vreugdevure tydens hul feesvieringe. Foto: Xinhua/Xu Jinquan/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.