Die wêreld in foto’s – 2 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Gustavo Carvalhaes van Brasilië reik na die bal tydens die huidige strandlugbalkampioenskap in Wene, Oostenryk. Foto: Ronald Zak, AP

Polisiebeamptes op die toneel in Rickenbach in Duitsland waar ʼn boom tydens ʼn storm op ʼn tent geval het. ʼn Seun is dood en vier ander beseer. Die seuns was deel van ʼn groep van 21 mense wat in die suidwestelike deel van Duitsland naby die Switserse grens kampeer het. Foto: Achim Keller, AP

Ná die Dashama-fees in Ahmadabad in Indië is ʼn seun op ʼn vlot besig om die Sabarmati-rivier te fynkam vir herbruikbare items tussen offerandes en ander aanbiddingsmateriaal. Dié fees het Woensdag ná tien dae ten einde geloop. Foto: Ajit Solanki, AP

Die dodetal van Dinsdag se aanval op ʼn moskee in die Afgaanse Herat-provinsie het intussen tot 29 gestyg. Talle mense het ernstige beserings opgedoen in dié ontploffing. Foto: Elyas, Xinhua

Die Indonesiese Berg Sinabung wat onlangs uitgebars het, het in Karo, Noord-Sumatra, ʼn neerslag van vulkaniese as gelaat. Foto: YT Haryono, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.