Die wêreld in foto’s – 2 Augustus 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Kenta Nishimoto van Japan Donderdag in aksie teen Chen Long van China tydens hul pluimbal-enkelspel by die BWF Wêreldkampioenskap in Nanjing, China. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

’n Hawelose Indiese meisie speel Donderdag met ’n vlieër in Jammu, Indië. Honderde miljoene Indiërs moet steeds met minder as $2 per dag klaarkom. (Foto: Channi Anand, AP)

Emilien Badoux, ’n Switserse joga-instrukteur, beoefen joga tydens sonsopkoms op die Mont Fort-piek. Dié piek is 3 329 m bo seevlak geleë en word omring deur die Switserse Alpe tussen Nendaz en Verbier in Switserland. (Foto: Jean-Christophe Bott, AP)

Aartappels word Donderdag op ’n warm en sonnige dag in Frankfurt, Duitsland, geoes. (Foto: Michael Probst, AP)

Bangladesjiese studente skree slagspreuke en versper ’n pad tydens ’n betoging in Dhaka, Bangladesj. Studente het Donderdag verskeie hoofstrate in die hoofstad versper in reaksie op die dood van twee universiteitstudente in ’n busongeluk in Dhaka. (Foto: A. M. Ahad, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.