Die wêreld in foto’s – 2 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Theresa May, die Britse premier, en haar man, Philip, besoek Vrydag die Yuyuan-tuin in Shanghai. Xi Jinping, die Chinese president, het die voordele van sy “Belt and Road”- megaplan vir handel en infrastruktuurverbindings in Asië tydens ‘n vergadering met May bespreek. May se regering was stadig om dié inisiatief te steun. (Foto: Fan Jun, AP)

Mense drom saam buite ’n Starbucks-koffiewinkel in Shanghai naby die toneel waar meer as 12 mense beseer is toe ’n minibus vol gasbottels tussen voetgangers ingejaag het. (Foto: AP)

’n Kind steek ’n voetoorgang in die sneeu oor in Tokio. Metropolitaanse gebiede het hulself Vrydag gereed gemaak vir sneeuval in dié stad te midde van die Japanese meteorologiese agentskap se waarskuwing van grootskaalse verkeersontwrigtings. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

’n Blik op die hofsaal tydens die uitspraak van die Wêreldhof in Den Haag, Nederland, in twee sake wat die betwiste maritieme en landsgrense tussen Costa Rica en Nicaragua moontlik kan trek. (Foto: Peter Dejong, AP)

Jan-Lennard Struff van Duitsland in aksie teen sy opponent Nick Kyrgios van Australië in die stryd om die Davis-beker tydens die eerste ronde in Brisbane, Australië. (Foto: Tertius Pickard, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.