Die wêreld in foto’s – 2 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou hou haar baba vas terwyl sy kyk hoe vulkaniese as die lug ingespoeg word op Berg Sinabung in Indonesië. Dié berg is een van dié land se 129 aktiewe vulkane. (Foto: Alberth Damanik, Xinhua)

Ysblokke lê langs die Songhua-rivier in Harbin in China. Harbin hou elke jaar ʼn internasionale ys- en sneeufees met yskerfwerk. (Foto: Wang Jianwei, Xinhua)

Die olifant Anchali sleep ʼn Kersboom sy omheining binne in die dieretuin in Berlyn, Duitsland. Elke jaar word ou Kersbome vir die olifante gegee as ʼn versnapering. (Foto: Michael Sohn, AP)

Reddingswerkers by Apple Tree Bay in Nieu-Suid-Wallis in Australië waar die wrak van ʼn vliegtuig wat verlede week in ʼn rivier noord van Sydney geval het, uitgehaal word. Ses mense het in dié ongeluk gesterf. (Foto: Mick Tsikas, AP)

ʼn Hindoe bid tot die songod ná ʼn badritueel by “Sangam”, die plek waar die heilige riviere, die Ganges en die Yamuna, saamvloei. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.