Die wêreld in foto’s – 2 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Horst Seehofer, (middel), die voorsitter van die Beierse Christelike Sosiale Unie-party, en die Duitse minister van binnelandse sake, spreek die media toe ná ʼn raadsvergadering van dié party vroeg Maandagoggend. (Foto: Peter Kneffel, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, lei Maandag ʼn raadsvergadering van haar Christen-Demokratiese Unie-party in sy hoofkantoor in Berlyn. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Die model Chantelle Brown-Young dra ʼn skepping uit die mode-versameling van die Schiaparelli Haute Couture-modehuis in Parys. (Foto: Francois Mori, AP)

ʼn Nepalese boer bedek haarself met ’n plastieklaken terwyl sy in misreën in ʼn veld werk in Katmandoe, Nepal. Landbou is die hoofbron van inkomste en werksgeleenthede vir die meeste mense in Nepal, en rys is een van die hoofgewasse in dié land. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

ʼn Mexikaanse aanhanger daag by die Samara-arena op vir die wedstryd tussen Brasilië en Mexiko tydens die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Samara, Rusland. (Foto: Sergei Grits, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.