Die wêreld in foto’s – 2 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rookwolke van ‘n groot brand kan gesien word by ʼn woud naby Loosen, Duitsland. Duisende brandbestryders, soldate en burgerlike verdedigingspersoneel skarrel om die vlamme in bedwang te bring. Volgens amptenare is hierdie brand in Luebtheen, sowat 170 kilometers noordwes van Berlyn, die grootste in die geskiedenis van die Mecklenburgse Wes-Pommere staat. (Foto: Philipp Shulze, DPA via AP)

ʼn Vrou met ʼn sambreel loop deur ʼn oorspoelde straat na afloop van swaar reën in Mumbai, Indië. Swaar reënval in die weste van Indië het veroorsaak dat minstens drie mure ineenstort op inwoners se hutte en huisies. Volgens amptenare is twee dosyn mense dood en tientalle ander in die proses beseer. Nog reën word voorspel. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

ʼn Model in ʼn skepping van die Chanel Haute Couture se Herfs-Winter 2020 modeversameling in Parys. (Foto: Kamil Zihnioglu)

Japan se Kei Nishikori slaan die bal terug aan Brasilië se Thiago Monteiro tydens die mans-enkelspel op die tweede dag van die Wimbledon tennistoernooi in Londen. (Foto: Ben Curtis, AP)

Erewaglede marsjeer voor ʼn verwelkomingseremonie vir die Turkse president Recep Tayyip Erdogan by die Groot Saal van die Mense in Beijing. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.