Die wêreld in foto’s – 2 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het werkers in die Bosniese toerismebedryf teen dié land se regering se verbod op toeriste van die Europese Unie betoog. Die betogers meen dat duisende hul werk gaan verloor as die verbod nie opgehef word nie.

Bosnië se grense is tans oop vir toeriste van Serwië, Kroasië en Montenegro, maar volgens werkers in die toerismebedryf kan die bedryf nie alleen op besoeke deur toeriste van dié lande oorleef nie.

Die strate van Mostar in Bosnië is stil in dié tyd van die jaar wat gewoonlik gekenmerk word deur stringe toeriste. (Foto: Kemal Softic, AP)

Een van Bosnië se gewildste toeriste-aantreklikhede, die Ou Brug in Mostar. (Foto: Kemal Softic, AP)

Betogers verenig in ʼn protesoptog teen die regering in Mostar. (Foto: Kemal Softic, AP)

Werkers in die toerismebedryf betoog in Mostar oor die verbod op toeriste van die Europese Unie. (Foto: Kemal Softic, AP)

Dis hoogsomer en toeristeseisoen in Bosnië, maar die Ou Brug, een van dié land se bekendste bakens, is verlate. (Foto: Kemal Softic, AP)

ʼn Enkeling in een van die verlate strate in Mostar, Bosnië. (Foto: Kemal Softic, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.