Die wêreld in foto’s – 2 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou besig om deur ʼn straat in Longjumeau, suid van Parys, te waad ná hewige oorstromings waartydens duisende mense in hul motors en huise in Frankryk en Duitsland vasgekeer is. Volgens berigte het riviere van Parys tot Bavaria hul oewers oorspoel. Vyf mense is na bewering dood. Foto: AP Photo/Francois Mori/wire.africannewsagency.com

 

Brandweermanne en Rooikruis-werkers dra ʼn vrou na veiligheid nadat haar huis oorspoel is tydens ʼn vloed in Simbach am Inn, Duitsland. Talle mense is dood in die vloed en volgens weerberigte is nóg reën op pad. Foto: AP Photo/Matthias Schrader/wire.africannewsagency.com

 

wêreld-foto's

Motorwrakke ná die bomaanval op die Ambassador Hotel in Mogadisjoe, Somalië. Somalië se Islamitiese ekstremiste rebelle, Al-Shabab, het die hotel binnegestorm, op mense geskiet en talle ontvoer. Foto: AP Photo/Farah Abdi Warsameh/wire.africannewsagency.com

 

Lionel Messi, ʼn sokkerspeler van FC Barcelona, by sy aankoms by ʼn hof in Barcelona, Spanje. Messi en sy pa word aangekla vir belastingbedrog. Indien hulle skuldig bevind word, kan hulle moontlik tot twee jaar tronkstraf gevonnis word. Foto: AP Photo/Manu Fernandez/wire.africannewsagency.com

 

Nederlandse toeriste op besoek aan die Groot Piramide van Giza in Egipte. ʼn Wetenskaplike span is tans besig om dié piramide te skandeer om die geheime van dié piramide te ontrafel. Foto: AP Photo/Amr Nabil/wire.africannewsagency.com

 

wêreld-foto's (8)

Die nasionale boksspan van Sirië besig met oefening in Damaskus. Dié span is besig om voor te berei vir die wêreldkampioenskap in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: Xinhua/Ammar/wire.africannewsagency.com

 

ʼn Vrou verstel haar hooftooisel tydens ʼn kulturele optog in Bali, Indonesië. Foto: AP Photo/Firdia Lisnawati/wire.africannewsagency.com

 

wêreld-foto's (7)

Dis oestyd in China. ʼn Boer oes koring naby Zaozhuang in die suide van die Shandong-provinsie. Foto: Xinhua/Li Zongxian/wire.africannewsagency.com

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.