Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van dié virus hok te slaan. Intussen lyk dit of insekte, voëls, diere en die natuur ongesteurd voortgaan.

ʼn Heuningby versamel nektar en stuifmeel op ʼn laventelblom in ʼn tuin in Seattle, VSA. (Foto: Elaine Thompson, AP)

Ape eet rys wat deur ʼn aktivis versprei word tydens die landwye afsonderingstydperk in Gauhati, Indië. Sedert die afsonderingstydperk is die ape sonder kos gelaat nadat besoekers aan die Hindoetempel gekwyn het. (Foto: Anupam Nath, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dankie vir die mooi foto’s beter as mense..
Daai apie se ou gesiggie :-D