Die wêreld in foto’s – 2 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Werknemers van Christie’s lig die skildery, ‘La Corde sensible’, van die kunstenaar Rene Magritte, op tydens ʼn uitstalling in Londen. Die skildery is vir $17,9 miljoen verkoop, wat ʼn rekord vir die kunstenaar is. (AP Photo/Frank Augstein,File)

Die foto is op 2 Maart 2017 geneem na ʼn aanval in Kaboel, die hoofstad van Afghanistan. Die dodetal het tot 17 gestyg en 119 mense is beseer in die twee selfmoordbomaanvalle. (Xinhua/Rahmat Alizadah)

ʼn Foto van ʼn spieël wat in ʼn straat in Frankfurt in Duitsland blou lug weerkaats. (AP Photo/Michael Probst)

Polisiebeamptes kyk hoe ʼn ambulanshelikopter oudpres. Hosni Mubarak van Egipte van die Maadi militêre hospitaal na ʼn hof neem. Hy word weer verhoor op aanklagte dat hy medepligtig was in die moorde op betogers tydens die oproer in Egipte in 2011. (AP Photo/Amr Nabil)

Die Ferrari-bestuurder, Kimi Raikkonen van Finland, bestuur sy renmotor tydens ʼn toetslopie by die Catalunya-resiesbaan in Montmelo, net buite Barcelona in Spanje. (AP Photo/Francisco Seco)

ʼn Kunswerk van strooi wat lyk soos ʼn dier word uitgestal in die koolplantasies van China se Hunan-provinsie. (Xinhua/Li Ga) (zwx)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.