Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Indiese man gooi blomme op toegewydes terwyl ander gekleurde poeier gooi tydens die Holi-feesviering by die Lord Jagannath Hindoe-tempel in Ahmadabad, Indië. Dié fees, ʼn viering van warm weer, goeie oeste en die oorwinning oor boosheid, bring miljoene mense, van kleuters tot bejaardes, bymekaar. Hulle gooi mekaar dan met poeier, waterballonne en spuitgewere. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Tibettane in ballingskap bid terwyl hulle na hul geestelike leier, die Dalai Lama, luister tydens ’n godsdienstige praatjie by die Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Honderde Tibettaanse ballinge het dié eendagpraatjie bygewoon. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Toeriste neem foto’s van ’n reuse-sarkofaag wat in vlamme gehul is. Dit bevat die liggaam van Anak Agung Niang Agung tydens ’n verassingsplegtigheid van ’n afstammeling van die Ubud- koninklike familie in Bali, Indonesië. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Geskeurde verkiesingsplakkate vir 4 Maart se algemene verkiesing is Vrydag sigbaar op ’n advertensiebord in Rome. Italië se verkiesingsveldtog eindig binnekort, en beeld ’n storie uit van ’n land waar politiek die afgelope tyd al hoe meer verdeeld en selfs geweldadig geword het. (Foto: Gregorio Borgia, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Behoort die eerste en derde foto’s dieselfde onderskrif te hê?