Die wêreld in foto’s – 2 Mei 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Kliënt soek Woensdag in die reën na blommekranse by ’n straatverkoper in Gauhati, Indië. Die Indiese meteorologiese departement voorspel normale moeson-reënval in dié land vir 2018. (Foto: Anupam Nath, AP)

’n Ondersteuner van die opposisiewetgewer Nikol Pashinian waai Woensdag ’n Armeense vlag gedurende ’n optog in Republiek-plein in Yerevan. Pashinyan het sy ondersteuners versoek om paaie, treinstasies en lughawens af te sper nadat die regerende Republikeinse Party teen sy verkiesing as eerste minister gestem het. (Foto: Sergei Grits, AP)

Juan Antonio Samaranch Jr. van Spanje, lid en vise-president van die Internasionale Olimpiese Komitee, reageer Woensdag voor die aanvang van dié komitee se direksievergadering in Lausanne, Switserland. (Foto: Jean-Christophe Bott, AP)

Emmanuel Macron, die Franse president (middel), lewer Woensdag ’n toespraak aan boord van die Australiese skip HMAS Canberra in Sydney. (Foto: Peter Parks, AP)

Benjamin Netanyahu, die Israeliese eerste minister, voor sy ontmoeting met die Japannese premier, Shinzo Abe, by sy kantoor in Jerusalem. (Foto: Abir Sultan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.