Die wêreld in foto’s – 2 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Die Saint-Hubert-kapel in Château d’Amboise waar die graf van die Italiaanse Renaissance-skilder en wetenskaplike, Leonardo da Vinci, geleë is. ’n Seremonie word by hierdie kapel in Amboise, suid van Parys, Frankryk, gehou vir die 500ste herdenking van Da Vinci se dood. (Foto: Philippe Wojazer, AP)

’n Plakkaat lê op die sypaadjie terwyl ondersteuners en joernaliste by die ingang van die Westminster-landdroshof in Londen saamdrom waar WikiLeaks se stigter, Julian Assange, se verhoor oor sy moontlike uitlewering vandag begin het. Hierdie betogings is ter ondersteuning van Assange en sy vrylating. (Foto: Frank Augstein, AP)

Kaalkopkinders ry op ’n tuimeltrein gedurende hulle besoek aan die Everland-pretpark in Yongin, Suid-Korea. Tien kinders het ’n tempel betree om vir drie weke die lewe van ’n monnik te ervaar. Boeddhiste oor die hele land besoek hierdie tempel ter viering van Boeddha se komende verjaarsdag op 12 Mei. (Foto: Lee Jin-man, AP)

’n Kind in ’n Monterrey-trui loop oor die veld tussendeur blou konfetti tydens die viering van Monterrey se oorwinning oor Tigres in die eindsokkerwedstryd van hulle Concacaf Champions League in Monterrey, Mexiko. (Foto: Rebecca Blackwell, AP)

Deelnemers neem deel aan die stapgeleentheid ter herinnering aan die Joodse volksmoord (holocaust). Jong Jode oor die hele wêreld stap vanaf Auschwitz na Birkenau ter herinnering aan die ses miljoen slagoffers in Oswiecim, Pole. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.