Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Die sangeres Lady Gaga poseer vir ʼn foto tydens ʼn promosiegeleentheid vir haar nuwe album, Joanne, in Tokyo. Foto: AP Photo/Shuji Kajiyama
Egiptiese vissermanne werk aan hul boot op die Nylrivier. Die water is bruin weens vloede in die suidelike provinsies van die land. Foto: AP Photo/Nariman El-Mofty
Fotograwe en kameramanne neem die voormalige presidensiële sekretaris, Ahn Jong-beom, af toe hy aankom by Seoul se sentrale distriksvervolgingskantore in Suid-Korea. Foto: AP Photo/Lee Jin-man
Nederlandse koning, Willem-Alexander en koningin Maxima, poseer vir ʼn foto op die trappe van die operahuis in Sydney. Foto: David Moir/Pool Photo via AP
Gekleurde blare hang aan ʼn boom in die ou Joodse begraafplaas in Frankfurt in Duitsland. Dié begraafplaas is die tweede oudste in Duitsland, waar een van die grafte dateer uit 1272. Foto: AP Photo/Michael Probst
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Hoekom word Jode apart begrawe?
Seker maar net soos ons vroeer jare in eie begraafplase begrawe is……
Sal seker nie weet, . eerste graf in die jaar 1272 ne.