Die wêreld in foto’s – 2 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Brandbestryder Vrydag op die toneel van ’n mark waar elektroniese toestelle verkoop word wat in Kaboel, Afghanistan, afgebrand het. Inwoners van die Afghaanse hoofstad worstel met die nagevolge van dié massiewe brand wat honderde winkels in dié mark vernietig het. (Foto: Massoud Hossaini, AP)

Bujar Osmani, adjunk- eerste minister van die voormalige Joego Slawiese Republiek van Macedonië, waai by die Athene Internasionale Lughawe in Athene, Griekeland, voor hy ’n vlug na Skopje haal. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

Edouard Philippe, die Franse eerste minister, en sy Viëtnamese eweknie, Nguyen Xuan Phuc, Vrydag tydens ’n aankomsplegtigheid by die Presidensiële Paleis in Hanoi, Viëtnam. Philippe is op ’n driedaagse besoek aan Viëtnam. (Foto: Nhac Nguyen, AP)

Die Lop-meer en Taklimakan-woestyn in Yuli County, noordwes van China. (Foto: Li Fei, Xinhua)

’n Chinese amptenaar hou ’n gordyn toe vóór ’n verwelkomingseremonie vir Danilo Medina, die president van die Dominikaanse Republiek, in die Groot Saal van die Mense in Beijing. China rol die rooi tapyt uit vir die tweede keer vandeesweek vir ’n Latyns-Amerikaanse leier wie se land se toewyding onlangs van Taipei na Beijing verskuif het. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.