Die wêreld in foto’s – 2 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Indiese skoolkinders en onderwysers dra Dinsdag maskers van Mahatma Gandhi, die vader van die nasie, tydens ’n optog ter viering van dié onafhanklikheidsleier se geboortedag in Kolkata, Indië. (Foto: Bikas Das, AP)

Siriese vlugtelinge omhels mekaar in Damaskus, die hoofstad van dié land. Honderde vlugtelinge keer dié week van Libanon terug na Sirië in reaksie op die Siriese regering se beroep op vlugtelinge om terug te keer. (Foto: Ammar Safarjalani, AP)

ʼn Vrou skree Dinsdag slagspreuke tydens ʼn betoging by die Belgiese vakbondkantoor in Brussel. Duisende mense het deur Brussel gestap en betoog teen die regering se planne om die pensioenstelsel te verander. Betogers glo dat dié verandering tot langer werkure vir minder geld sal lei. (Foto: Francisco Seco, AP)

Joodse mans dra papierrolle van die Torah tydens ʼn Simchat Torah-viering op Rabin-plein in Tel Aviv, Israel. Dié fees vier die einde van die jaarlikse siklus waartydens die Torah in die openbaar gelees moet word en kondig die begin van ʼn nuwe siklus aan. (Foto: Tomer Neuberg, Xinhua)

Duisende polisielede, brandbestryders en ander veiligheidsdienste betoog Dinsdag vir beter salarisse en aftreepakkette in Warschau, Pole. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.