Die wêreld in foto’s – 2 Oktober 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Frankryk se Yoann Huget hardloop met die bal in die Wêreldbeker-rugbytoernooi se groep C-wedstryd tussen Frankryk en die VSA in die Fukuoka Hakatanomori-stadion in Fukuoka, Japan. (Foto: Christophe Ena, AP)

Andy Murray van Brittanje maak gereed om te dien teen Cameron Norrie in die tweede rondte van die mansenkelwedstryd in die China Ope-tennistoernooi op die Diamant-baan van die nasionale tennissentrum in Beijing. (Foto: Andy Wong, AP)

ʼn Vrou met ʼn sambreel loop verby strooifigure in die klein dorpie van Weiskirchen naby Frankfurt in Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Indiërs loop verby ʼn standbeeld van Indië se onafhanklikheidsleier Mahatma Gandhi in ʼn tent waar foto’s van Gandhi se lewe uitgestal word ter viering van sy 150ste geboorteherdenking in Nieu-Delhi, Indië. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, besoek ʼn jeugwerksentrum in Makhulong, Tembisa, ʼn informele nedersetting naby Johannesburg, Suid-Afrika. Dié koninklike paar se Afrika-toer van tien dae is bykans op ʼn einde. (Foto: Christiaan Kotze, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Iemand het vergeet om vir die oningeligte koninklike egpaar in te lig dat die Suid-Afrikaanse bevolking uit meer as twee groepe bestaan. Dié twee gee my ‘n kramp.

Anje ·

Verseker, ek stem saam.
Die beeld wat geskep word is verwronge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.