Die wêreld in foto’s – 2 Oktober 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Beierse bergboere besig om hul vee terug te bring van die somerweiding aan die oorkant van die Königssee naby Berchtesgaden in Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

ʼn Blaaskans tydens die vervoer van die vee na die oorkant van dié binnelandse meer in Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Boere geklee in tradisionele drag tydens die vervoer van hul vee naby Berchtesgaden in Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

ʼn Halsstarrige bees kort voor die vaart oor die Königssee. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Vele hande maak ligte werk tydens die vervoer van die vee. (Foto: Matthias Schrader, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Francois Le Cochon

Lyk vir my dis melkboere, as ek so na een van die fotos kyk!

Ja Wat

Ek wil daar gaan bly weg van al die probleme hier.

Rudolph

Diereslawe, net soos enige plaasdier op enige ander plek in die wêreld

Pieter

Die beeste is daar baie veiliger as in Suid Afrika. Gekapte senings is nogal geliefd onder die Mau Mau.