Die wêreld in foto’s – 2 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

/wire.africannewsagency.com

ʼn Lugfoto van Pescara del Tronto in Italië wys hoeveel skade aangerig is deur ʼn aardbewing wat die gebied op 24 Augustus getref het. Foto: Alessandro Di Meo/ANSA via AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Reddingswerkers soek na slagoffers by die distrikshof in Mardan, Pakistan, nadat ʼn selfmoordbomaanvaller ʼn bom laat ontplof het. Volgens berigte is 12 mense dood en 27 beseer. Foto: Xinhua/Ahmad Sidique (zjy)/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Seuntjie van die Harjelah-vlugtelingkamp buite Damaskus speel met modder. Die Siriese burgeroorlog is sedert 2011 aan die gang en kinders ly die ergste daaronder. Foto: Xinhua/Yang Zhen)(zcc)/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Sebastian Vettel van Duitsland klim terug in sy Ferarri na sy eerste oefensessie vir Sondag se Italiaanse Formule Een by die Monza-renbaan in Italië. Foto: Luca Bruno/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Flaminkkuiken van twee weke oud staan in ʼn dam by die Hannover-dieretuin in Duitsland. Foro: Holger Hollemann/dpa via AP/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.