Die wêreld in foto’s – 2 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Graadeens neem deel aan ʼn tradisionele openingseremonie van skole in St. Petersburg, Rusland. Skole oor die hele land vier die begin van die skooljaar. (Foto: Dmitri Lovetsky, AP)

Denny Hamlin (11) sit die stryd voort teen Daniel Suarez (41) tydens ʼn Nacar-reekswedren by Darlington-wedrenbaan in Darlington. (Foto: Richard Shiro, AP)

Sterk winde word deur orkaan Dorian in Freeport, Grand Bahama, in die Bahamas veroorsaak. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

Rafael Nadal van Spanje slaan die bal terug na Hyeon Chung van Suid-Korea tydens die derde ronde van die VSA Ope-tennistoernooi in New York. (Foto: Eduardo Munoz Alvarez, AP)

Duisende studente kom bymekaar vir ʼn optog op die eerste dag van klasse by die Sjinese universiteit in Hongkong. Klasse by die universiteit sal ná die somervakansie hervat word. (Foto: Vincent Yu, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.