Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van die wêreldwye pandemie het mense in Peru familielede wat weens Covid-19 dood is, begin veras. Verassing druis egter in teen kulturele sterftetradisies en rituele in die land.
Owerhede het in Maart beveel dat alle koronavirus-slagoffers veras moet word, maar het intussen dié reëls verslap. Talle Peruviaanse burgers sê egter dat hospitale steeds op verassing aandring.

ʼn Seun help sy pa nisse maak in ʼn begraafplaas aan die buitewyke van Lima, Peru. (Foto: Rodrigo Abd, AP)

ʼn Muur van herinnering vir koronavirus-slagoffers in die grootste begraafplaas in Lima, Peru. (Foto: Martin Mejia, AP)