Die wêreld in foto’s – 20 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die melkweg en spore van meteore verlig Vrydag die lug oor Burg op die Oossee-eiland Fehmarn in Noord-Duitsland tydens die Lyrids-meteoorreën. (Foto: Daniel Reinhardt, AP)

Die binnekant van die ontruimde hooftreinstasie in Berlyn, Duitsland. Berlynse polisie ontruim Vrydag duisende mense in sentrale dele van dié Duitse hoofstad. Die hoofstasie is gesluit in voorbereiding vir die verwydering van ʼn onontplofte Wêreldoorlog II-bom wat tydens onlangse konstruksiewerk gevind is. (Foto: Michael Sohn, AP)

Toeriste beleef Vrydag hoe tee gepluk word by ʼn teetuin in die dorp Dongfeng in suidoos-China se Fujian-provinsie. (Foto: Zhang Guojun, Xinhua)

Polisiebeamptes loop verby mure met graffiti wat deur studente aangebring is ná die polisie Vrydag ʼn betoging by die Parys Tolbiac-universiteit in Frankryk onder bedwang gebring het. Die Franse polisie het ʼn Parys-universiteitsperseel ontruim wat ʼn maand lank deur studente wat teen toelatingshervormings betoog, beset is. (Foto: Francois Mori, AP)

Balonne sweef in die lug terwyl gelowiges vir Pous Franciskus wag om op te daag vir sy besoek aan Molfetta, Apulië, in suidelike Italië. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.