Die wêreld in foto’s – 20 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van dié virus hok te slaan. Intussen het ʼn mengelmoes kleure die velde van Duitsland ingekleur. Só lyk dié tulpe wat deur Duitse studente geoes word.

ʼn Vrou staan tussen tulpe by die Francken-tulpeplaas in Grevenbroich, Duitsland, terwyl die bloeisels geoes word. (Foto: David Young, AP)

ʼn Reënboogkleurige veld van tulpe in Grevenbroich, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

Mense besoek ʼn tulpeveld op ʼn sonnige dag in Grevenbroich, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

Vroue neem foto’s tussen kleurryke tulpe in Grevenbroich, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

ʼn Hond sit in ʼn tulpeveld in Grevenbroich, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
katerinadiekat

Ek lief die foto met die hond, so mooi en cute!!

Sonneblomkind

Foto met hond is kosbaar mooi