Die wêreld in foto’s – 20 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Angela Merkel, die Duitse kanselier, woon Maandag ʼn leiersvergadering by van haar Christen-Demokratiese Unie by dié party se hoofkantoor in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Kinders neem deel aan ʼn sokkertoernooi in ʼn omheinde en modderige speelgrond in Gradiste, Kroasië. (Foto: Davor Javorovic, AP)

Hongkong se Kin Lok Chan maak reg om te swem in die vroue 50 m-vlinderslageindstryd tydens die 18de Asiese Spele in Djakarta, Indonesië. (Foto: Bernat Armangue, AP)

Tibettaanse vroue in ballingskap bedek hulself Maandag met ʼn plastieklaken en deel middagete uit voor hul padstalletjies in Dharmsala, Indië. Die gebied is tans in sy reënseisoen. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Ronnie Wood, die kitaarspeler van die Rolling Stones, poseer Maandag met ʼn renosterbeeld om die Tusk-renosterroete in Londen se Carnabystraat bekend te stel. Dié roete word ʼn maand lank aangebied en die veldtog sluit in 21 geverfde en versierde renosterbeelde wat spesiaal geskep is om bewusmaking vir dié bedreigde Afrika-spesie te skep. (Foto: David Parry, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.