Die wêreld in foto’s – 20 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Konstruksiewerker vat ʼn blaaskans in Bangkok, Thailand. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie is daar sowat vier tot vyf miljoen migrante werkers wat in Thailand woon en werk. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

Die veldbrand op die Kanariese Eilande soos gesien vanaf Santa Cruz de Tenerife-eiland in Spanje. Volgens owerhede moes sowat 4 000 mense die gebied ontruim het weens die veldbrand wat oor meer as 1 700 hektaar versprei het. (Foto: Andres Gutierrez, AP)

Sri Lanka se Akila Dananjaya in aksie teen Nieu-Seeland se BJ Watling tydens die eerste dag van die eerste kriekettoetswedstryd tussen Sri Lanka en Nieu-Seeland in Galle, Sri Lanka. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Detroit Tigers se Edwin Jackson in aksie teen die Houston Astros tydens die eerste beurt van ʼn bofbalwedstryd in Houston. (Foto: David J. Phillip, AP)

Oekraïense soldate oefen hul vaardighede in die middestad van Kiev, Oekraïne ʼn paar dae voor Onafhanklikheidsdag op 24 Augustus. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.