Die wêreld in foto’s – 20 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie betoog Palestyne teen die uitbreiding van Israeliese nedersettings in die dorpie Khirbet Jubara naby die stad Tulkarm in die Wesoewer.

Maroela Media het vroeër berig dat daar al reeds jare lank spanning tussen die Israeliete en Palestyne is oor die Wesoewer.

ʼn Palestynse betoger word in hegtenis geneem tydens ʼn protesoptog oor die uitbreiding van Israeliese nedersettings in die Wesoewer. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

Israeliese magte skiet ʼn klankgranaat na Palestynse betogers toe. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

Israeliese soldate neem ʼn Palestynse betoger in hegtenis. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

ʼn Israeliese soldaat skop ʼn traangasblik weg tydens ʼn protesoptog. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

Israeliese magte bewaak die stootskrapers by die terrein waar die Israeliese nedersettings in die Wesoewer uitbrei. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae