Die wêreld in foto’s – 20 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Michel Barnier, die Europese Unie (EU) se hoof Brexit-onderhandelaar, besig om Woensdag vrae gedurende ʼn mediakonferensie by die EU-hoofkantoor in Brussel, België, te beantwoord. Barnier het gesê Brittanje behoort ’n oorgangstydperk van minder as twee jaar te hê vandat dié land die EU verlaat. Barnier het ook gesê dat Brittanje hom by die hoofbeginsels van die EU behoort te hou. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Die Britse eerste minister, Theresa May, verlaat 10 Downing Street vir haar weeklikse vraagsessie in die parlement in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Somaliese polisiebeamptes by ʼn geleentheid ter herdenking van die 74ste bestaansjaar van die totstandkoming van die polisiemag in die hoofstad Mogadisjoe. Dit volg nadat ʼn Moslem-selfmoordbommer, wat hom as ʼn polisiebeampte voorgedoen het, die lewe van minstens 18 mense geëis het by dié polisie-akademie. (Foto: Farah Abdi Warsameh, AP)

Pous Franciskus poseer vir foto’s saam met lede van die Legioen van Christus aan die einde van sy weeklikse oudiënsie in die Paul VI-saal in die Vatikaanstad. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

Mense besoek die Guangzhou-metromuseum in Guangzhou, die hoofstad van Suid-China se Guangdong-provinsie. Dié museum vier vandag sy eerste bestaansjaar. (Foto: Xinhua/Liang Xu)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.