Die wêreld in foto’s – 20 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die New York-aandelebeurs in New York – Amerikaanse aandele het Woensdag laag gesluit. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

Jemen se Houthi-aanhangers skree Woensdag slagspreuke uit tydens ’’n saamtrek ter ondersteuning van die VN-gemagtigde wapenooreenkoms in Hodeidah, Sanaa, Jemen. Die ooreenkoms wat tussen die Jemeni-regering en Houthi-rebelle gedurende VN-gesprekke in Swede bereik is, het reeds op 17 Desember in werking getree. (Foto: Mohammed Mohammed, Xinhua)

Soek-en-reddingshelikopters Donderdag voor ’n vlug na die landingsgebied van die Soyuz MS-09-kapsule tydens sonop in die stad Zhezkazgan, voorheen Dzhezkazgan, Kasakstan. (Shamil Zhumatov / Pool foto via AP)

’n Slagoffer van seksuele geweld neem Donderdag deel aan ’n waardigheidsoptog in Moembai, Indië. Dié optog streef daarna om verandering in die houdings teenoor slagoffers van seksuele geweld te bewerkstellig. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

’n Finse Kersvader en Russiese Vader Frost deel Donderdag geskenke uit by die Nuijamaa-grensstasie tussen Finland en Rusland in Lappeenranta, Oos-Finland. (Foto: Lauri Heino, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.