Die wêreld in foto’s – 20 Februarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-1

Groot hoeveelhede as word tans deur die vuurspuwende berg, Sinabung, naby Tiga Pancur, ʼn dorpie in die noorde van Sumatra, Indonesië, vrygestel nadat dié vulkaan verlede week verskeie keer tot uitbarsting gekom het. Foto: YT Haryono, Xinhua

wereld-foto-1

ʼn Hoop sneeu word verwyder in Urumqi, hoofstad van China se Xinjiang Uygur-streek. Dié gebied ervaar sedert Sondag hewige sneeuneerslae. Foto: Hu Huhu, Xinhua.

wereld-foto-4

ʼn Soldaat deursoek ʼn voetganger in Quetta, Pakistan, nadat ʼn sekuriteitswaarskuwing in dié area opgehef is. Foto: Irfan, Xinhua.

wereld-foto-1

ʼn Filippynse polisieman reguleer die verkeer nadat ʼn busongeluk in Tanay, oos van Manilla, die lewe van talle studente geëis het. Die studente was op ʼn uitstappie toe die bus die remme onklaar geraaak het. Foto: Aaron Favila, AP

wereld-foto-3

Toeriste in Harbin, in die noorde van China se Heilongjiang-provinsie, geniet die sneeu. Foto: Wang Jianwei, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sulet ·

Jammer, maar die tweede laaste beskrywing en foto pas nie bymekaar nie. Dit lyk nie vir my soos ‘n polisieman nie … dit lyk meer soos ‘n parade of inspeksie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.