Die wêreld in foto’s – 20 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Justin Trudeau, die Kanadese eerste minister, in gesprek met Chanda Kochhar, besturende direkteur en uitvoerende hoof van die ICICI-bank, tydens die Kanada-Indië Moembai-sakeforum Dinsdag in dié Indiese stad. (Foto: Sean Kilpatrick, AP)

Tessa Virtue en Scott Moir, Kanadese goue medaljewenners in ysskaats, vier Dinsdag hul sege tydens ’n medalje-oorhandigingsgeleentheid by die 2018 Olimpiese Winterspele in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Charlie Riedel, AP)

Ondersteuners van Indië se opposisieparty skree slagspreuke terwyl hulle ’n beeld van premier Narendra Modi verbrand. Dié ontevredenheid heers oor die beweerde bankbedrog van $1,8 miljard in Lucknow, Indië. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Die aktrise Jennifer Lawrence poseer Dinsdag vir foto’s vir die bemarking van die rolprent Red Sparrow in Londen, Engeland. (Foto: Joel C Ryan, AP)

Ksenia Sobchak, ʼn Russiese televisie-aanbieder en presidensiële kandidaat, klim uit ’n motor om ’n mediakonferensie in Moskou, Rusland, by te woon. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.