Die wêreld in foto’s – 20 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Hondjie gemerk met rooi verf nadat hy ʼn inspuiting teen hondsdolheid van Egiptiese veeartse in Kaïro in dié land ontvang het. Die nuwe sterilisasie- en mediese sorgprogram is ʼn eerste in Egipte aangesien Kaïro dekades lank gif gebruik het om die aantal straathonde te beperk. (Foto: Nariman el-Mofty, AP)

Brandweermanne blus ʼn vuur wat in ʼn markgebou in Yangon, Mianmar, ontstaan het. (Foto: Thein Zaw, AP)

Die Mystic Krewe van die Nyx-parade dra by tot die joligheid tydens die viering van Mardi Gras in die strate van New Orleans, VSA. (Foto: Brett Duke, AP)

Die nuwe 20 pond Britse banknoot wat spog met ʼn afbeelding van JMW Turner voor ʼn selfportret van die kunstenaar in Tate Britain in Londen. (Foto: Frank Augstein, AP)

ʼn Geel parakiet sit op die skouer van Henry Mandu, ʼn werknemer van die Green Planet-binnenshuise tropiese reënwoud in Doebai, VAE. (Foto: Jon Gambrell, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.