Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Toeskouers sit in die reën terwyl die spel op die buitebane by die Australiese Ope-tenniskampioenskap in Melbourne, Australië, gestaak is. (Foto: Andy Brownbill, AP)

Indiese paramilitêre soldate rus tydens repetisies vir die komende Republiek-dagparade by die Raisina-heuwels in Nieu-Delhi, Indië. (Foto: Manish Swarup, AP)

Natuurbewaarders dra ʼn verdoofde luiperd wat op die terras van ʼn huis in Shadnagar, Indië, gevind is. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)