Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag

Brandbestryders en burgerlikes drom saam op die toneel in die Irakse hoofstad, Bagdad, nadat militantes van die Islamitiese Staat ʼn vragmotor opgeblaas het. Die meeste van die sterftes is nie deur die ontploffing veroorsaak nie, maar deur die hoogs ontvlambare inhoud van twee nabygeleë winkels wat klere en parfuum met ʼn oliebasis aanhou. Die situasie is vererger deur brandbestryders wat getalm het, die oortreding van bouregulasies en ʼn gebrek aan beskikbare water. Foto: AP Photo/Hadi Mizban, File/wire.africannewsagency.com

 Eienaars van gestrande voertuie verlaat die oorstroomde tonnels buite die spoorwegstasie in Beijing-Wes in China. Beijing se meteorologiese buro het ʼn kode oranje- waarskuwing uitgereik as gevolg van swaar reën storms in die omgewing. Foto: Xinhua/Wu Wei /wire.africannewsagency.com

Eienaars van gestrande voertuie verlaat die oorstroomde tonnels buite die spoorwegstasie in Beijing-Wes in China. Beijing se meteorologiese buro het ʼn kode oranje- waarskuwing uitgereik as gevolg van swaar reën storms in die omgewing. Foto: Xinhua/Wu Wei
/wire.africannewsagency.com

Op die tweede dag van die Republikeinse konvensie in Cleveland in die Amerikaanse deelstaat Ohio het betogers aan ʼn optog deelgeneem. Foto: AP Photo/John Minchillo/wire.africannewsagency.com

Vlugtelinge uit Afrika suid van die Sahara wag sowat 40 km noord van Sabratha in Libië in ʼn soek-en-reddingsone (SAR) op ʼn Spaanse nieregeringsorganisasie om tot hul redding te kom. Foto: AP Photo/Santi Palacios/wire.africannewsagency.com

Hindoe-priesters besig met ʼn aandritueel by Sangam, die plek waar die Ganges- en die Yamuna-rivier in Allahabad, Indië, saamvloei. Die ritueel val saam met Guru Purnima, die fees van die volmaan gewy aan ghoeroes. Hulde word tydens dié fees aan leermeesters gebring. Foto: AP Photo/Rajesh Kumar Singh/wire.africannewsagency.com

 Lede van die Brasiliaanse marinekorps kort ná ʼn oefening met die oog op die hantering van gewelddadige oproer op ʼn strand naby Flamengo in die suide van Rio de Janeiro, Brasilië. Die oefening is daarop gemik om die veiligheid van atlete en besoekers tydens die 2016 Rio Olimpiese Spele te verseker. Foto: Xinhua/Fabio Motta/AGENCIA ESTADO /wire.africannewsagency.com

Lede van die Brasiliaanse marinekorps kort ná ʼn oefening met die oog op die hantering van gewelddadige oproer op ʼn strand naby Flamengo in die suide van Rio de Janeiro, Brasilië. Die oefening is daarop gemik om die veiligheid van atlete en besoekers tydens die 2016 Rio Olimpiese Spele te verseker. Foto: Xinhua/Fabio Motta/AGENCIA ESTADO
/wire.africannewsagency.com

 Steun vir die Republikeine gister (19 Julie) tydens dié party se nasionale konvensie in Cleveland, Ohio. Foto: Xinhua/Bao Dandan /wire.africannewsagency.com

Steun vir die Republikeine gister (19 Julie) tydens dié party se nasionale konvensie in Cleveland, Ohio. Foto: Xinhua/Bao Dandan
/wire.africannewsagency.com

African Parks, ʼn organisasie wat drie wildreservate in Malawi bestuur, het onlangs begin met die verskuiwing van bedreigde spesies. Dié organisasie het onlangs 500 olifante uit die Liwonde-wildtuin verwyder en nóg verskuiwings word beplan vir volgende jaar. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi/wire.africannewsagency.com

Mense van Baton Rouge in Louisiana in die VSA kom byeen vir ʼn kersligwaak vir die polisiebeamptes wat onlangs in dié stad doodgeskiet is. Die afgelope twee weke is ʼn swart man deur wit polisielede doodgeskiet en betogings het snags begin plaasvind. Kort daarna is drie polisiebeamptes doodgeskiet deur ʼn gewapende man wat glo jag gemaak het op die polisie. Foto: AP Photo/Gerald Herbert, File/wire.africannewsagency.com

Russiese avonturier Fedor Konyukhov dryf meer as 6 000 m bokant die grond naby Northam, Wes-Australië, in sy helium-en-warmlugballon. Konyukhov (65) beplan om die eerste mens te word wat alleen en ononderbroke in ʼn warmlugballon om die aarde vaar. Hy moet gereeld teen slaapverlies, temperature onder vriespunt en ys in sy suurstofmasker stry, het sy seun gesê. Konyukhov gaan binnekort in die laaste skof van sy tog in. Foto: Oscar Konyukhov/Morton via AP/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.