Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Omstanders bring hulde op die plek waar Pavel Sheremet, ’n joernalis in Kiëf, Oekraïne sy lewe verloor het toe sy motor verlede jaar ontplof het. Pres. Petro Poroshenko het belowe om ondersoek in te stel, maar daar is nog geen vordering in die ondersoek gemaak nie. (Efrem Lukatsky, AP)

Hierdie foto wat Donderdag geneem is, wys die impak van die oorstromings in Shangzhi in China. ʼn Geweldige reënbui wat op 18 en 19 Julie neergestort het, was die oorsaak van die oorstromings.

Internasionale veiligheidsbeamptes in Sirië voer danspassies uit tydens hul gradeplegtigheid by die Ain Issa-woestynbasis in die noord-ooste van Sirië. Sowat 250 inwoners van die provinsie Raqqa het ’n kort opleidingskursus voltooi om sekere omgewings te help beveilig wanneer die Islamitiese Staat dit oorneem. (Hussein Malla, AP)

Annemiek van Vleuten van Nederland bereik die eindstreep van die eerste skof van die La Course by Le Tour de France-fietsren vir vroue. (Christophe Ena, AP)

Tingting Jiang en Wenwen Jiang het ʼn silwer medalje gewen vir hul gesinchroniseerde swemnommer in die eindronde van die FINA Wêreldswemkampioenskap in Boedapest, Hongarye (Tamas Kovacs/ MTI, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.