Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense kyk op ʼn TV-skerm na ʼn heruitsending van die dag toe 12 vrouewerknemers van ʼn Noord-Koreaanse-restaurant in China in 2016 by die Seoel-treinstasie in Seoel, Suid-Korea, aangekom het. Noord-Korea het Vrydag gesê dat die hereniging van Koreaanse gesinne wat deur oorlog geskei is, moontlik nie in Augustus, soos afgespreek, sal plaasvind nie as Suid-Korea nie toelaat dat burgers van Noord-Korea wat die afgelope jare in die Suide aangekom het onmiddellik terugkeer nie. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Mense loop Vrydag verby ʼn muurskildery met geldeenhede op van reg oor die wêreld by ʼn bank in Beijing. China se sentrale bank laat sy streng beheerde yuan-eenheid toe om teen die dollar te daal, ʼn skuif wat uitvoerders moontlik kan help met die stewige Amerikaanse tariefverhogings. Dit verhoog egter die risiko van ’n uitvloei van kapitaal wat Beijing maande lank probeer verhoed het. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ʼn Seun hou Turkse (links) en Turks-Cipriotiese vlae omhoog terwyl vliegtuie oor ’n militêre parade vlieg tydens die 44ste herdenking van die Turkse inval van 1974 in die Turks-besette gebied van die verdeelde hoofstad Nicosia in Ciprus. Ciprus is in 1974 in die Grieks-Cipriotiese suide en Turks-Cipriotiese noorde verdeel toe Turkye in reaksie op ʼn staatsgreep deur ondersteuners van eenheid met Griekeland, die land binnegeval het. (Foto: Petros Karadjias, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, luister Vrydag na ʼn vraag aan haar gerig tydens haar jaarlikse somer-mediakonferensie in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Twiggy, die eekhoring wat kan waterski, tree op buite die Amerikaanse Bankstadion by die X-fees in Minneapolis. Dié eekhoring, die sewende Twiggie in sy familie wat dateer tot die laat 1970’s, is op ‘n afskeidstoer as gevolg van die aftrede van sy eienaar, Lou Ann Best. Best spandeer ‘n wesenlike deel van haar tyd aan die opvoeding van toeskouers oor waterveiligheid. (Foto: Aaron Lavinsky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.