Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie help ʼn labrador met die handhawing van sosiale afstand in Colombië deur kospakkies vir klante af te lewer.

Eros, die agtjarige labrador, onthou die name van klante wat voorheen vir hom lekkernye gevoer het by die El Porvenir-minimark. Met oefening het sy eienaar hom geleer om op sy eie na hul huise toe te gaan om kospakkies af te lewer.

Só vervul Eros sy daaglikse take.

Eros vertrek by die El Porvenir-minimark met ʼn mandjie brood. (Foto: Luis Benavides, AP)

Eros eet ʼn wortel wat deur ʼn klant vir hom gegee is. (Foto: Luis Benavides, AP)

Eros dra ʼn mandjie brood op pad na ʼn klant in Medellin, Colombië. (Foto: Luis Benavides, AP)

Eros, die agt jaar oue labrador, dra ʼn mandjie brood in sy bek tydens sy daaglikse aflewerings. (Foto: Luis Benavides, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fae Fubar ·

Ag hoe fraai. Die mense kan vir Eros gerus liewer met ‘n happie vleis beloon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.