Die wêreld in foto’s – 20 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kinders speel tydens ʼn swaar reënbui in Quezon City in die Filippyne (Foto: Xinhua/Rouelle Umali)

Watana Pumret, ʼn verdagte in ʼn bomaanval op die Phramongkutklao- militêre hospitaal in Thailand, word deur soldate vergesel na afloop van ʼn mediakonferensie in Bangkok. Meer as 20 mense is beseer tydens die bomaanval op 22 Mei vanjaar by dié hospitaal in Bangkok. (Foto: Xinhua/Rachen Sageamsak)

Ontwortelde kinders speel buite hul tente in die Ghazni-provinsie in Afganistan op Wêreldvlugtelingdag (Foto: Xinhua/Sayed Mominzadah)

Vrywilligers is besig om kos te sorteer by ʼn reddingsentrum in Pedrogao Grande in Portugal. Teen Maandag het 64 mense gesterf en 135 ander is beseer nadat ʼn verwoestende brand deur die gebied gewoed het. (Foto: Xinhua/Zhang Liyun)

Die silhoeët van ʼn vrou teen ʼn fontein op ʼn sonnige dag in Berlyn, Duitsland. Daar word sonnige weer voorspel oor die grootste dele van Duitsland vir die res van die week. (Foto: AP Photo/Markus Schreiber)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.